Thought of the Week | POPIA NET MEER ROMPSLOMP? NEE!

Dit is ‘n kans om klante se vertroue te wen.

Wanneer u as besigheidseienaar persoonlike inligting van kliënte, werknemers en u diensverskaffers aanvra en ontvang, is daar ‘n element van vertroue in u besigheid. Hulle vertrou dat die inligting vir die beoogde, korrekte doeleindes gebruik sal word en dat u besigheid verstandige maatreëls in plek het om die besonderhede wat hulle aan u verskaf, te beskerm.

In die bedryf word POPIA nakoming geklassifiseer as ‘n komponent van beste praktyk vir ‘n onderneming of organisasie. Daarom, of u nou ‘n bestuursagent aanstel om heffings by huiseienaars in ‘n residensiële landgoed in te vorder, ouerbesonderhede vir die betaling van skoolgeld bekom, kontakbesonderhede van klante wat u restaurant binnekom insamel, of blomme laat aflewer by die huisadres van ‘n kliënt, word u toevertrou met persoonlike inligting. POPIA vereis dat u aan enigiemand wat navraag doen, kan bevestig dat u besigheid of organisasie ‘n kultuur van datasekuriteit en databeskerming ondersteun.

Sonder twyfel sal nakoming in alle ondernemings en organisasies ‘n mate van aanpassing vereis, ongeag hul grootte of besigheidsgebied. Die ingestelde nakomingsmaatreëls behels dikwels stappe wat relatief maklik is om te implementeer. Dit moet dus nie as ‘n onpraktiese of te swaar taak beskoud word nie, maar as ‘n praktiese manier om te verseker dat rekords en besonderhede wat verkry word, behoorlik beskerm word. POPIA is nie daarop gemik om daaglikse handel in te perk nie; dit is eerder ‘n instrument wat u kan gebruik om vir kliënte te wys dat u ‘n verantwoordelike en betroubare onderneming of organisasie is.

Kontak ons op info@stbb.co.za om voordeel te trek uit die gemoedsrus wat verkry word wanneer u spesialiste aangestel het om u verantwoordelikhede onder POPIA na te kom.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe