Thought of the week | NIE NOG ‘n POPI E-POS NIE

Wanneer ons sake-eienaars op hul nakomings-verantwoordelikhede adviseer, kry ons merklik verskillende reaksies. Aan die een kant, wanneer kliente hul nakomingsvereistes konstruktief toepas in die dag-tot-dag-bestuursprosedures van hul besigheid, is die reaksie gewoonlik positief. Aan die ander kant lyk dit oor die algemeen minder rooskleurig wanneer kliente dit as ‘n moet-doen rompslomp-oefening aandurf – veral omdat mens die dreigement van finansieel skadelike boetes vir nie-nakoming in die gesig staar.

Die volgende is merklik oor POPI nakoming, soos in die onderstaande blog posts uiteengesit:
1. POPI is nie net vir ‘groot’ ondernemings nie. Dit is van toepassing op alle ondernemings, ongeag hul grootte;
2. POPI is nie ‘n “IT-ding” nie;
3. Eenvormige POPI-pakketoplossings is nie voldoende vir POPI-nakoming nie; en
4. POPI behels nie regtig ‘n (onnodige) rompslomp en nóg ‘n manier waarop die regering besighede belas nie.

In ‘n neutedop skryf die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (“POPI” of “POPIA”) aan ondernemings voor hoe hul sogenaamde ‘persoonlike inligting’ in hul besit moet hanteer en hoe hul dit mag verwerk.Dit sluit onder meer persoonlike besonderhede van hul werknemers, sowel as die persoonlike besonderhede van hul kliënte, Klante en diensverskaffers in – hetsy daardie kliënte en klante individue of ander ondernemings is.
Elke besigheid, groot of klein, hou noodwendig rekord van die besonderhede van hul kliënte, klante, werknemers en/of diensverskaffers, hetsy aanlyn of op papie. Dus moet u as eienaar of bestuurder van sulke onderneming nou stappe neem om seker te maak dat dié inligting beskerm word soos deur POPIA vereis, om daaraan te voldoen wanneer die wet in Julie 2021 afdwingbaar word.

Kontak ons ​​gerus op  vir ondersteuning met u nakomingsreis.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe