Die wêreldwye COVID-19-pandemie het verreikende finansiële gevolge vir talle individue en ondernemings meegebring, en die reeds verswakte Suid-Afrikaanse ekonomie strek soos droë gras voor ‘n wegholveldbrand. Die effek van ‘n 12-maande lange nasionale ramptoestand, tesame met verskeie verlammende regulasies wat ingevolge die Wet op Rampbestuur 57 van 2002 ingestel is, word nou meer as ooit gevoel. Die hartseer werklikheid is dat ‘n klomp ondernemings dit eenvoudig nie gaan kan bekostig om hul deure oop te hou nie, en gevolglik ook nie om hul maandelikse huurverpligtinge na te kom nie . Uiteindelik gaan ons sien hoe baie van hierdie ondernemings vou.
Wat beteken dit vir verhuurders wanneer hul huurders likwidasie in die gesig gestaar?
