As u ‘n besering opdoen wat veroorsaak is deur iemand wat nie optree soos wat iemand redelikerwys van ander kan verwag nie, is dit waarskynlik dat ons wetgewing ‘n eis vir skadevergoeding as gevolg van die ander se nalatigheid sal toelaat.
Dink só daaraan: John se onlangse besoek aan die winkelsentrum om die onlangse Swart Vrydag-aanbiedinge te geniet, het geëindig met ‘n besoek aan Ongevalle. Hy het gestruikel en geval op ‘n ongelyke vloer in die winkelsentrum en sy pols gebreek. Hy kan die eienaar van die sentrum aanspreeklik hou omdat hulle nalatig was deur nie toe te sien dat die vloer veilig is om op te loop nie, of nie besoekers te waarsku oor die ongelyke vloer nie. Eise ten opsigte van beserings opgedoen as gevolg van ‘n motorongeluk, werk op dieselfde manier. As daar nalatigheid aan die kant van die bestuurder was, ontstaan ‘n eis vir skadevergoeding vir diegene wat skade gely het. In die geval van motorongelukke is die eis nie teen die betrokke bestuurder nie, maar teen die Padongelukkefonds.
Kontak ons op info@stbb.co.za vir meer inligting of navrae.