Thought of the Week | Opknappings, alterasies, toevoegings en uitbreidings tot u huis – wat gebeur nadat u bouplanne goedgekeur is?

Sodra die bouplanne deur u plaaslike munisipaliteit goedgekeur is en u die opknappings, alterasies, toevoegings of uitbreidings aan u huis voltooi het in ooreenstemming met die planne binne en die verlangde tydsraamwerk, is dit noodsaaklik dat u of u projekbestuurder skriftelik met die munisipaliteit in verbinding tree om die uitreiking van ‘n okkupasiesertifikaat aan te vra. Hierdie sertifikaat word afgeteken deur die munisipale bouinspekteur sodra hy of sy die eiendom besoek het en bevestig het dat u gebou het volgens die goedgekeurde planne en enige voorwaardes wat die munisipaliteit mag opgelê het.

As u aanbouings nie voldoen nie, of veranderinge is gedurende die konstruksie aangebring wat nie op die goedgekeurde plan aangedui is nie, kan die bouinspekteur versoek dat ‘n afwykingsplan opgestel, voorgelê en goedgekeur word voordat die okkupasiesertifikaat uitgereik sal word.

‘n Okkupasiesertifikaat is van uiterste belang wanneer opknappings, alterasies, toevoegings of uitbreidings gedoen is, aangesien ‘n gebou slegs formeel bewoon kan word nadat die sertifikaat uitgereik is. As die sertifikaat uitgereik is, moet u dit op ‘n veilige plek hou. Dit mag weer benodig word wanneer u die eiendom verkoop of ‘n verband registreer oor die eiendom.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe