Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, oftewel “POPI” (“Protection of Personal Information Act”) is reeds in 2013 onderteken. Sedertdien is besighede dikwels herinner dat volle inwerkingtreding van POPI op hande is, maar daar word steeds op gewag. Die Inligtingsreguleerder het onlangs die President gevra om die aanvangsdatum van POPI as 1 April 2020 te verklaar (welke beteken dat die effektiewe spertyd vir nakoming 1 April 2021 sal wees weens die 12 maande speling wat die wet toelaat).
As gevolg van die COVID-19-skrik en die finansiële impak van ESKOM en SAL se probleme, is kommentators egter nie oortuig dat 1 April die datum sal wees waarop die Wet in volle werking sal tree nie.
Dit beteken egter nie dat nakoming uitgestel moet word nie. POPI is goeie sakepraktyk in werking en wat behoorlike databestuursprosesse poog te verplig: Dit spreek van goeie besigheidspraktyke om te weet watter data besit word, waarom dit in die besigheid se besit is en wat daarmee gedoen word.
Of dit nou op 1 April of later hierdie jaar in werking tree, doen wat in u besigheid redelikerwys uitvoerbaar is om u praktyke in lyn te bring met die vereistes van POPI: Stel ‘n inligtingsbeampte aan, lei u personeel op, stel ‘n beleid in plek, want uiteindelik gáán dit kom.
Kontak ons POPI-Hub by info@stbb.co.za vir hulp om te voldoen aan hierdie Wet.