‘n Mens se lewe word deur verskeie gebeurtenisse gevorm, soos byvoorbeeld die sluiting van ‘n huwelik, die aankoop van eiendom, die geboorte van ‘n kind, die afsterwe van ‘n geliefde, ‘n egskeiding of emigrasie. Hierdie ervarings verander dikwels mens se persoonlike omstandighede en het die gevolg dat die opdatering van die betrokke individu se testament verlang mag word.
Om te verseker dat die oordrag van die bates in u boedel doeltreffend, koste-effektief en met die minste moontlike vertraging aan u gekose begunstigdes oorgedra word, is dit belangrik om ‘n geldige testament op te stel. Ons raai u sterk aan om professionele raad te bekom hiervoor.U testament moet ‘n verskeidenheid elemente in oorweging neem, waarvan die mees voor-die-hand-liggende die nominasie van u erfgename en die aanstelling van ‘n eksekuteur om u boedel te beredder, is.
‘n Testamentêre trust kan geskep word om bates wat aan minderjarige kinders oorgelaat word te bestuur, en u kan ook ‘n voog benoem in die testament om na u kinders om te sien sou beide u en u eggenoot gelyk te sterwe kom.Verdere oorwegings sluit die volgende in
- Sal daar voldoende likiditeit in u boedel wees om terselfdetyd u skuld te betaal en voldoende voorsiening te maak vir die finansiële sekerheid van u gesin?
- Het u enige sakebelange wat moontlik kwesbaar is?
- Kan boedelbelasting verminder word?
- Word u verbandlening gedek deur versekering?
- Indien van toepassing, waar kom die fondse vandaan om u verpligtinge ingevolge ‘n egskeidingsbevel te vervul?
- Wat is die kapitaalwinsbelasting implikasies?
- Is u testament reg gestruktureer om u buitelandse bates te dek?
Indien u ‘n inter vivos-trust het wat gedurende u leeftyd opgestel is, mag dit wees dat die trustakte hersien moet word, veral met betrekking tot die aanstelling van geskikte trustees om die trust na u afsterwe te bestuur.
Vir professionele raad in hierdie verband, kontak asseblief ons Bestorwe Boedels Afdeling vir ‘n konsultasie per telefoon op 021 673 4700 of per e-pos na estates@stbb.co.za.