Thought of the week | HANTERING VAN TOEBEHORE IN DIE VERKOOP VAN ‘N EIENDOM

Kopers en verkopers doen soms die moeite om akkurate lyste te maak van items wat uitgesluit of ingesluit is by die verkoop transaksie. Mens vind egter dikwels dat partye min aandag hieraan skenk, en die resultaat is eindelose geskille, wat lank na die oordrag van die eiendom voortduur.

Dit is maklik om die meeste van hierdie geskille te vermy as die algemene reël in gedagte gehou word. Dit bepaal dat wanneer ‘n koper ‘n eiendom koop, hy of sy die grond en enige permanente fisiese verbeterings daarop (soos nuut opgerigte motorafdakke) ontvang as deel van die eiendom, saam met al die items wat permament vas is aan hierdie fisiese verbeteringe  (soos Jo-Jo tenks of ‘n houtdekking oor ‘n grasperk).

Ons reg neem die volgende moet in ag wanneer bepaal word of ‘n item permanent aan die eindom verbonde is (en daarom deel van die koopsaak uitmaak):

  1. Die aard van die item en doel waarvoor die item by die eiendom aangebring is. Indien dit van ‘n permanente aard is of bedoel was om ‘n permanente verbetering op die eiendom te, sal dit geag wees deel van die koopsaak te wees;
  2. Die manier waarop die voorwerp aan die grond geheg is. Dit sal beskou word as ‘n permanent aanhegting as verwydering daarvan die voorwerp of eiendom aansienlik sal beskadig; en
  3. Die bedoeling van die eienaar toe die artikel aangeheg is.

Dit is belangrik dat verkopers ‘n lys opstel van die items wat by die koop ingesluit moet word voordat hulle die eiendom by die eiendomsagent lys. In ‘n ideale wêreld, moet hierdie lys deel vorm van die mandaat wat die koper aan die eiendomsagent verleen, om sodoende die agent die geleentheid te bied om items wat die verkoper gaan wegneem, aan die koper uit te wys. Alternatiewelik, kan die lys ingesluit word in die koopooreenkoms.

Byvoorbeeld: As X sy eiendom aan Y verkoop en later besluit dat hy die kandelaar in die sitkamer en die vaste badkamerspieëls gaan saamneem na sy nuwe woning, kan Y daarop aandring dat elkeen hiervan teruggeplaas word of vervang word deur ‘n item met ‘n soortgelyke waarde. Indien X weier, sou Y regstappe kon oorweeg.

Daarom is dit belangrik dat ‘n verkoper homself of haarself vergewis van die kopers se regte ten opsigte van die bogenoemde en seker maak dat hy of sy slegs items verwyder wat uitdruklik uitgesluit is in die geskrewe koopkontrak. ‘n Mondelinge ooreenkoms moet vermy word indien moontlik.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe