Terwyl baie jong volwassenes nogsteeds verkies om geloftes uit te ruil en ‘n huwelik te sluit, kies al hoe meer paartjies minder tradisionele vorme van toewyding en kies hulle bloot om saam te leef.
Die term saamwoon (“cohabitation” in Engels) verwys na gevalle waar paartjies saamwoon as eggenote, ongeag hul geslag, sonder om ‘n siviele huwelik aan te gaan – en dus sonder die toepassing van die vermoënsgevolge wat uit ‘n siviele huwelik volg.
Maar wat gebeur as die verhouding ontbind, hetsy as gevolg van ‘n verbrokkeling of die dood? Die eggenoot / eggenote word nou gekonfronteer met vrae oor die besit van gesamentlike bates, aanspreeklikheid vir skuld, huur, selfoonrekeninge en ‘n hele klomp ander uitgawes. Dan net om te verneem dat, in teenstelling met die gevolge van ‘n siviele huwelik wat deur spesifieke wetgewing gereguleer word, daar geen “wet op saamwoonverhoudinge” is nie. Geen hoeveelheid tyd wat saam spandeer word sal die saamwoonverhouding laat verander in een waar wettige regte en pligte outomaties uit die verhouding vloei nie.
Hoe spreek mens dit ten beste aan? Paartjies wat saamwoon word aangemoedig om ‘n Saamwoonooreenkoms of ‘n Huishoudelike Vennootskapsooreenkoms te sluit om hul regte en verpligtinge teenoor mekaar wuiteen te sit. In sodanige ooreenkoms word die regte en verpligtinge van die partye uiteengesit met betrekking tot finansies, die gesamentlike huishouding en alle bates wat afsonderlik of gesamentlik verkry is, terwyl hulle in ‘n langtermynverhouding is. As die verhouding ontbind, kan paartjies dit met sekerheid doen wat die vermoënsgevolge betref.
‘n Ander belangrike dokument om saam met die bogenoemde ooreenkoms te oorweeg, is ‘n testament. ‘n Saamwoonooreenkoms kan nie erfenis reguleer in geval van afsterwe nie. Om te verseker dat u bates aan die korrekte persoon/persone gaan, is dit noodsaaklik dat beide partye seker maak dat hulle ‘n geldige testament het.
Kontak STBB vir meer inligting.