Thought of the week | GEEN GETROUHEIDSFONDSSERTIFIKAAT, GEEN KOMISSIE – TENSY JY JOU EENDE IN ‘N RY HET

Eiendomsagente is nie geregtig om kommissie op transaksies te verdien as hulle nie ten tyde van die sluiting van die ooreenkoms oor ‘n geldige Getrouheidsfondssertifikaat beskik nie. Hierdie vereiste het te doen met verbruikersbeskerming aangesien eiendomsagente verpligte bydraes lewer tot ‘n Getrouheidswaarborgfonds, en die uitreiking van die sertifikaat bevestig dat hul premies betaal is. Op hierdie manier word lede van die publiek verseker van vergoeding in die geval van wanbesteding van hul geld deur ‘n eiendomsagent.

In ‘n belangrike uitspraak deur die Appèlhof laas week, is bevind dat ‘n eiendomsagent in beperkte gevalle kommisie sal kan eis waar die Getrouheidsfondssertifikaat nie op die betrokke tydstip in plek was nie. Daardie aangeleentheid het gegaan oor ‘n geval waar die agent alle dokumente betyds aan die Raad van Eiendomsagente voorgelê het. Die Raad het egter per ongeluk ‘n verkeerde sertifikaat uitgereik in die naam van ‘n entiteit wat nie bestaan nie. Die fout is toe daarna reggestel in retrospek.  In sodanige geval, mag die eiendomsagent aandring op kommissie wat verdien was ten tye van die bestaan van die foutiewe sertifikaat.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe