Daar is tipies drie regsprosesse wat ter sprake word na aanleiding van ‘n motorongeluk:
1. ‘n Strafregtelike saak waarin die Staat die oortreder of beskuldigde sal vervolg (of nie);
2. ‘n Siviele eis teen die oortreder vir vergoeding vir skade aan die voertuig en die inhoud of vrag daarvan, wat gewoonlik deur die versekeraar hanteer sal word; en
3. ‘n Statutêre eis teen die Padongeluksfonds vir vergoeding van skade wat vloei uit die besering of sterfte van ‘n party wat by die ongeluk betrokke was.
Al is daar drie afsonderlike regsprosesse, is dit belangrik om te verstaan dat elke proses nou met die ander verbind is en dat die onderskeie uitkomstes mekaar kan beïnvloed.
Kontak gerus vir STBB te info@stbb.co.za as u in ‘n motorongeluk betrokke was en hulp of verteenwoordiging benodig.