Claudia completed her LLB degree at the University of Stellenbosch in 2019, and has embarked on the exciting journey of seeing all she has learnt in theory take shape in practice. She is currently enjoying a rotation in conveyancing at STBB, and she looks forward to trying her hand at litigation and/or commercial law. Outside of office hours you’ll find her either under the sea, on top of a mountain or with her nose in a book. She believes that life is for living and that while we can’t change our problems, we can always change our perspective.

Thought of the week | Die Koopkeuse van ‘n afgetrede persone: ‘n deeltitel of lewensreg?

Om te verhuis na ‘n aftreeskema is nie so eenvoudig soos om jou huis te verkoop, bokse op die trokkie te laai en daar gaat jy nie. Deesdae bied die aftreeskema spyskaart ‘n verskeidenheid van opsies aan aanstaande kopers– waarvan die mees algemene deeltiteleienaarskap of lewensreg is. Omdat dié twee konsepte bedeuidend verskillende regsimplikasies het, is dit uiters belangrik om ‘n ingeligte keuse te maak wanner mens besluit tussen die twee.

As ‘n aftreeskema eenhede op deeltitel basis te koop aan bied, beteken dit dat die koper daarvan eienaarskap van die eenheid sal verkry. Hoewel die koop van ‘n deeltiteleenheid duur kan raak, dra dit die voordeel dat die eiendom ‘n bate word, wat die koper kan gebruik of vervreem soos hy of sy goeddink. Nog ‘n voordeel van dié opsie is dat die eienaar dan wetliks seggenskap in die bestuur van die skema gegun word. Verder kan dit ook as ‘n langtermynbeleggingsgeleentheid beskou word, wat tred hou met inflasie en die moontlikheid van kapitaalgroei bied.

Lewensreg, aan die ander hand, is iets heeltemal anders, en is vir talle Suid-Afrikaners ietwat van ‘n misterie. Hoewel daar verskeie moontlike variasies is, behels dit gewoonlik ‘n ooreenkoms wat die volgende (of iets in diervoege) insluit:

  • die verkoper (hetsy die ontwikkelaar van die skema of ‘n individuele eienaar van ‘n eenheid) gee vir die koper die reg om vir die duur van die koper se leeftyd die eenheid te bewoon, asook die reg om die gemeenskaplike geriewe van die skema te gebruik en geniet; en
  • die “koopprys” wat die koper aan die verkoper betaal, word gewoonlik (maar nie altyd) as ‘n rentevrye lening geag, wat uiteindelik in een of ander vorm terugbetaal word.

Oorweeg die volgende ‘n voorbeeld as ‘n illustrasie van die bogenome: A en B “koop” ‘n eenheid in ‘n aftreeskema by X op lewensreg. Die “koopprys” wat aan die X betaal word is R 1 miljoen en die ooreenkoms bepaal dat X die bedrag mag gebruik nes hy goed dink, solank hy dit met beëindiging van die ooreenkoms (as A en B te sterwe kom of kies om die ooreenkoms te kanseller), ten volle of gedeeltelik aan A en B of hul boedel uitbetaal. Daar kan byvoorbeeld ingestem word dat 80% of 90% van die oorspronklike leningsbedrag met beëindiging aan die kopers terugbetaal moet word.

Alternatiewelik kan daar ooreengekom word dat die bedrag wat aan die koper terugbetaal moet word, bereken word as die leningsbedrag minus ‘n maandelikse aftrekking (sê by voorbeeld R 1000) vir elke maand wat die koper die eenheid beset.

Welke opsie – deeltiteleienaarskap of lewensreg – die beste is, hang af van die individu(e) se unieke omstandighede en behoefdes. Kontak ons gerus vir enige navrae in die verband.