‘n Kontrak word tipies aangegaan deurdat een party aan die ander ‘n aanbod maak, wat dan aanvaar word. Hierdie skynbaar onindrukwekkende wisseling is belangriker as wat mens sou dink, aangesien dit as bewys van konsensus – een van die fundamentele vereistes vir ‘n geldige kontrak – dien, en bepaal waar en wanneer die kontrak amptelik gesluit is. Dié vasstelling is nie net vir regstegsniese doeleindes soos jurisdiksie en verjaring belangrik nie, aangesien die oomblik van kontraksluiting die einde van die onderhandelingsfase aanteken en aanleiding gee tot kontraktuele verpligtinge. Ons volg oor die algemeen ‘n benadering wat meen dat ‘n kontrak, met die uitsondering van elektroniese kontrakte uitgesluit, op die oomblik en plek gesluit word waar en wanner die persoon wat die aanbod gemaak het, bewus raak van die aanvaarding daarvan.
Die vereistes vir ‘n geldige aanbod sluit onder meer in dat dit met die bedoeling om word bindende verpligtinge te skep gemaak moet word, en moet die wesenlike bepalings van die ooreenkoms duidelik uiteen sit. Die aanvaarding daarvan moet met dieselfde voorneme geskied en moet konsekwent ooreenstem met die inhoud van die aanbod. As die aanvaarding die aanbod nie presies weerspieël nie, word dit as ‘n teenaanbod geag, en val die oorspronklike aanbod dan weg. Dit is belangrik om bewus te daarvan as ‘n teenaanbod gemaak is, want daar ontstaan geen regte en verpligtinge totdat dit aanvaar word nie en sodoende staan dit die partye vry om van die ooreenkoms te onttrek. Dit is die persoon wat die aanbod of teenaanbod maak wat mag bepaal hoe aanvaarding moet geskied en of kennisgewing vereis word. As die daardie persoon uitdruklik of stilswyend afstand doen van die vereiste van kennisgewing aan hom- of haarself, sal prestasie ‘n voldoende aanduiding van aanvaarding wees.
Omdat dit so belangrik is om te weet of ‘n mens se aanbod wel aanvaar is of nie, is dit altyd beter om seker te wees en om dus spesifiek in die ooreenkoms voorsiening te maak vir die aanvaardings- en kennisgewingsprosedures.