Vroeër vanmiddag het die Minister van Finansies, mnr Tito Mboweni, die begroting van die Nasionale Tesourie vir 2021/2022 gelewer.
Die volgende wysigings is opmerklik:
- Kapitaalwinsbelasting effektiewe koerse bly onveranderd:
- Individue en spesiale trusts – 18%;
- Maatskappye – 22,4%; en
- Ander trusts – 36%.
- Boedelbelasting bly onveranderd:
- 20% op die eerste R30 miljoen; en
- 25% op die bedrag bo R30 miljoen.
- Terughoubelasting bly onveranderd op 7,5%, 10% en 15% op die verkoop van onroerende eiendom deur ‘n nie-inwoner.
- Die drempels vir inkomstebelasting het verhoog tot:
Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R)
1 – 216 200 18% of taxable income
216 201 – 337 800 38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200
337 801 – 467 500 70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800
467 501 – 613 600 110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500
613 601 – 782 200 163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600
782 201 – 1 656 600 229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200
1 656 601 and above 587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600
- Die algemene brandstofheffing styg met 15 sent per liter, en die heffing op die padongelukkefonds verhoog met 11 sent per liter op 7 April 2021.