Thought of the week | Hoekom dan ‘n ’72 uur’ klousule?

Vir eerste-keer kopers en verkopers is die sogename 72 uur-klousule dikwels ietwat van ‘n raaisel. In ‘n neutedop, behels dit die volgende:
Wanneer so ‘n klousule in ‘n koopooreenkoms ingesluit word, stem die partye met die sluiting van hul ooreenkoms in dat die verkoper binne ‘n vasgestelde vensterperiode ‘n aanbod van ‘n ander koper mag aanvaar.

Só ‘n klousule word dikwels geaktiveer in gevalle waar die ooreenkoms onderhewig is aan ‘n voorwaarde dat die koper verbandgoedkeuring moet bekom. In sulke gevalle beskerm dit die belange van die verkoper omdat hy of sy voort mag gaan om die eiendom te bemark tydens die dikwels uitgerekte, onsekere tydperk waarin daar op goedkeuring van die verband gewag word. Sou die verkoper dan ‘n beter aanbod ontvang (in die vorm van ‘n kontantkoper of ‘n hoër kooprys), word die 72-uur-klousule geaktiveer, ingevolge waarvan die eerste koper 72 uur gegun word om ‘n gelystaande aanbod aan die verkoper te maak. Indien die eerste koper dit nie kan doen nie, val die eerste ooreenkoms weg en die verkoper mag nou voortgaan om ‘n kontrak met die tweede koper te sluit.

Hoewel ‘n 72-uur-toekenning die praktyk is, is daar niks wat die partye verhoed om op ‘n ander tydperk ooreen te kom nie.

For the best legal advice and personalised service, let's talk
Subscribe to our monthly newsletters, subscribe